Sms jou

SMS na 072 148 8452. Neem asb. kennis dat opinies wat deur lesers in hierdie kolom uit-gespreek word, hul eie is en nie noodwendig die opinies van Die Courier se redakteur, personeel of eienaars weerspieël nie. SMS'e word in goedertrou geplaas en beledigende of lasterlike SMS'e word nie geplaas nie. SMS'e met 'n naam en van daarby sal voorkeur kry.

Die vorming van die nuwe en huidige koalisie gaan oor persoonlike voordeel, nepotisme, baantjies vir boeties en tenders! Drie kastige raadslede, of sal ek sê drie narre en magsbehepte mense, regeer die dorp volgens hulle voorkeur gure. Die Burgermeester soek die Direkteurspos en die ander twee het ook elkeen sy eie voorkeur kandidaat! So word die kiesers en die hele dorp vir 'n "ride" gevat. Die nuwe "Skills Centre" is' n klassieke voorbeeld van eiebelang en nepotisme. Dora Kontrakteurs is aan die spits van die kontrakteurs met R34 miljoen! Skrik asseblief wakker KDF / ANC-ondersteuners, julle word vir 'n grap gevat! Ontnugterde KDF-lid

Ek verstaan ‘n paar verkragters is verlede week goed gestraf en lang tronkstrawwe opgelê. Berig asseblief daaroor sodat die ander wat nog verhoor moet word kan hoor en sien wat vir hulle wag. Verder moet julle ook weer die hofrol publiseer sodat mens kan sien wie is almal gestraf. Veral die verkragters, want dis mos Vrouemaand! Citizen

 

Ek sien in die Son (koerant) van Vrydag 10 Augustus dat ‘n Kaapse joernalis tydens die Sentraal Karoo Sportraad se Awards-funksie as joernalis van die jaar aangewys is. Ek het gedink die Sentraal Karoo bestaan binne die grense van Beaufort-Wes, Laingsburg en Prins Albert, maar verstaan beter as mens sien wie is in bestuur van sake. Sportman

 

Die land se grootste opposisie party roem so baie op die “rule of law”, maar kyk hoe gedra die voormalige burgemeester van Beaufort-Wes hom deur onrus te stook in Prince Valley. Hy ry toe die motorbande aan met sy plaasbakkie! Prince Valley is nog nog vuiler as vantevore na ‘Rooibaard” se optrede. Bruin belastingbetaler

 

Geluk aan al die bestuurslede van die nuutgestigte ontwikkelingstruktuur. Ek betreur egter die onafhanklikheid van die bestuur met mnr. Robert Summers as die voorsitter daarvan. Hy beklee ‘n senior pos in die Beaufort-Wes Munisipaliteit en weet van al die wanbestuur wat daar plaasvind, maar bly stil daaroor. Nou moet hy as monitor van die ontwikkelingstruktuur t.o.v. munisipale projekte optree. Jan Publiek

 

Ek het nooit kon dink dit sou met my ook gebeur nie, maar toe ek vanoggend met my twee vullissakke uitkom, staan daar reeds twee ander vullissakke teen my muur! Geskok los ek myne by die hek en verwyder die ander twee na die sypaadjie. Laat asb. maar drie sakke toe, want dit lyk my die mense stress! Merly