Redaksioneel

Witbrood, sanitêre produkte, doeke en skooluniforms gaan dalk ook van belasting op toegevoegde waarde (BTW) vrygestel word. Só word daar berig in Die Burger van Vrydag 10 Augustus.

Dis die voorstelle wat die paneel onder leiding van prof. Ingrid Woolard verlede week aan die tesourie gedoen het ten einde die druk op verbruikers te verlig nadat die BTW-koers in April tot 15% verhoog is. Nhlanhla Nene, minister van finansies, het die Woolard-paneel aangestel om stappe aan die hand te doen wat die staatskas sal kan bekostig ten einde die pyn wat die BTW-verhoging meegebring het, te versag.Woolard stel voor dat die verskaffing van gratis sanitêre produkte aan armes tesame met die BTW-vrystelling op dié produkte en die BTW-vrystelling op skoolklere so gou as moontlik in werking gestel word. Die finale lys van die paneel is: Witbroodmeel, Koekmeel, Sanitêre produkte (tesame met die verskaffing van gratis verskaffing aan arm vroue en meisies), Skoolklere (onderhewig aan verdere ondersoek om seker te maak net skoolklere word vrygestel), Doeke (sowel vir babas as volwassenes).Die paneel sê die regering moet doodseker maak dat die verligting wel aan verbruikers deurgegee word en nie bloot deur produsente ingesluk word nie, veral gegewe die konsentrasie in die mark vir skoolklereverskaffers. Ander voorstelle sluit in die versterking van die skoolvoedingsprogram en hoër maatskaplike toelae vir kindersorg en vir bejaardes.Mense wat kommentaar wil lewer, kan dit by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it."> This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. doen. Die sluitingsdatum vir kommentaar of alternatiewe voorstelle is 31 Augustus. Daarna sal sittings in die parlement gehou word.Die tesourie en Suid-Afrikaanse Inkomstediens sal daarna alle voorstelle evalueer. Die minister van finansies sal dan besluit watter van die aanbevelings in werking gestel sal word.Die Woolaard-paneel se aanbevelings is afsonderlik van voorstelle van ministers in die ekonomiese groepering wat nog afgewag word. Pres. Cyril Ramaphosa het dié ministers, wat Nene, dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid, en Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling, insluit, opdrag gegee om voorstelle te doen om verbruikers by te staan. ’n Beroep is al deur die ANC, die DA en die burgerregtegroep Outa gedoen dat die brandstofheffing