'Staan in die hof!'

Net die voorsittende landdros mag sake van die hofrol skrap en dan slegs met goeie rede. Dit sal gebeur wanneer die voltooïng van die ondersoek van ‘n saak onredelik lank neem of daar nie enige ondersoek was sedert die laaste verskyning van ‘n beskuldigde nie.

Sake word ook geskrap waar getuies gedagvaar is vir ‘n verhoor en bloot nie opdaag om te kom getuig nie, asook in gevalle waar die staatsaanklaer nie voorsien word van ‘n dossier op die dag waarop ‘n beskuldigde verskyn nie. Die landdros neem nooit ligtelik sodanige besluite nie.

Die skrap van ‘n saak deur ‘n landdros moet egter onderskei word van gevalle wanneer ‘n saak deur ‘n staatsaanklaer teruggetrek word. Sake word slegs teruggetrek deur ‘n staatsaanklaer indien daar onvoldoende getuienis is, ‘n saak gemedieer is tussen die klaer en beskuldigde of in uitsonderlike gevalle waar die klaer nie wil voortgaan met vervolging nie.

Hofrol: 21 – 28 Februarie 2018

 

Sake van die rol geskrap

 

  • 21 Februarie: Twee sake word van die rol geskrap omdat die getuies nie by die hof opdaag nie.
  • 22 Februarie: Twee sake word van die rol geskrap omdat die ondersoek sloer.
  • 23 Februarie: Vier sake word van die rol geskrap omdat die ondersoek sloer.
  • 26 Februarie; Een saak word van die rol geskrap omdat die ondersoek sloer.
  • 27 Februarie: Een saak word van die rol geskrap omdat die ondersoek sloer.

 

Vonnisse

 

22 Februarie 2018: Ricardo Tekana word skuldig bevind aan die besit van dwelms. Hy word gevonnis tot ‘n boete van R1000 of twee maande gevangenisstraf.

 

22 Februarie 2018: Nathan Renier word skuldig bevind aan die ontvangs van gesteelde eiendom. Hy word gevonnis tot 12 maande gevangenisstraf waarvan 6 maande opgeskort is vir 5 jaar.

 

22 Februarie 2018: Ryno Hofstander word skuldig bevind aan diefstal. Hy word gevonnis to 6 maande gevangenisstraf wat in geheel opgeskort is.

 

23 Februarie 2018: Dehado de Bruin word skuldig bevind aan veediefstal. Hy word tot 9 maande gevangenisstraf gevonnis.

 

Sake afgehandel

 

  • 27 Februarie: Een saak word afgehandel nadat die partye geskik het na mediasie.
  • 28 Februarie: Drie sake word afgehandel nadat die partye geskik het na mediasie.