Die Courier

Die Koerant vir die Nuweveld sedert 1869
The Newspaper for the Nuweveld since 1869

Verspreidingsarea: Beaufort-Wes, Leeu-Gamka, Merweville, Murraysburg, Nelspoort, Prins Albert, Victoria-Wes, Laingsburg en Loxton

Die Courier: Die einde van ’n era


Die einde van ‘n era. En die begin van ‘n nuwe.   3 Mei 2022

Courier: 1ste uitgawe

Die Courier, oudste onafhanklike koerant in Suid-Afrika vandag, gaan binnekort net digitaal verskyn.
Dit volg nadat die eienaars van Die Courier indringende stappe moes neem om die rampspoedige gevolge van die Covid-19 pandemie vir die gedrukte media hok te slaan. Die Courier sal gevolglik binnekort nie meer as ‘n gedrukte koerant beskikbaar wees nie, maar dit sal elke Vrydag as ‘n gratis digitale koerant uitgegee word wat gelees kan word op ‘n rekenaar, tablet of selfoon deur enigeen wat daarvoor geregistreer het.

Die Courier is ‘n gemeenskapskoerant met ‘n trotse verlede. Die eerste uitgawe daarvan het reeds in Oktober 1869 die lig gesien. Die Courier Printing CC is ook die oudste ononderbroke sakeonderneming in Beaufort-Wes en die Karoo.

Is dit nie merkwaardig om te dink dat sedert die ontstaan van Die Courier die groot gat in Kimberley gegrawe is, daar goud aan die Witwatersrand ontdek is, die Anglo-Boereoorlog en twee wêreldoorloë plaasgevind het, ruimtevaarders op die maan geland het en Suid-Afrika ‘n nuwe politieke bestel gekry het. Én die Courier het daaroor berig! Merkwaardig inderdaad!

Francois van Niekerk, redakteur van Die Courier, is baie opgewonde oor die toekoms. “Vir die eerste keer kan Die Courier nou in kleur gelees kan word en daarby is dit nog gratis ook! Die beste nuus is egter vir ons adverteerders, want Die Courier se lesersgetalle sal nou geweldig toeneem. Dit sal afskop met die sowat 11 500 lede van ons Facebook-blad.”

Die Courier se Heidelberg Drukpers

Ondersteun asseblief Die Courier. Deur plaaslike besighede te ondersteun wys jy dat jy omgee vir jou plaaslike gemeenskap. Dit toon ook respek aan plaaslike besigheidseienaars wat baie hard werk om hulle deure oop te hou al staar hulle talle uitdagings in die gesig. Die ekonomie werk soos ’n siklus en deur klein- en plaaslike besighede te ondersteun gee jy mense in jou gemeenskap werksgeleenthede wat hul nie sonder dié besighede sou kon hê nie.

Kontak of besoek Die Courier vandag nog vir die plaas van advertensies of vir gratis kwotasies ten opsigte van al u kommersiële drukbehoeftes. Nou meer as ooit bly die Courier verbind tot diens en produkte van hoogstaande gehalte gelewer teen bekostigbare pryse.

Lees Die Courier aanlyn

Registreer en teken aan met jou epos-adres.

Teken aan

Terme & Voorwaardes

Privaatheidsbeleid

Kontak

Die Courier
Thompsonstraat 5
Beaufort-Wes
6970